Editor's choiceLocal newsMunicipalNews

Ogaats, rapporteer ‘n slaggat

Dit het sopas verspot maklik geword om ‘n slaggat te rapporteer.

‘n Privaat inisiatief het sopas ‘n eenvoudige, mobiele webblad beskikbaar gestel om slaggate en ander pad- en stormwater verwante foute anoniem aan te meld.

Met die gepaste naam, Ogaats.co.za rangeer hulle die klaer se probleem na die korrekte departement sodat hy/sy met hulle lewe kan voortgaan.

Ogaats gebruik area gebaseerde data asook ‘n foto wat die persoon met hy/sy kamerafoon kan neem om die inligting direk na die regte departement te stuur.

Rapporteer 'n slaggat by Ogaats.
Rapporteer ‘n slaggat by Ogaats.

Dit haal die raaiwerk uit die proses en maak die proses heeltemal deursigtig.

Al wat nodig is, is ‘n kamerafoon of rekenaar en toegang tot die Internet. Daar is geen voorvereistes soos om ‘n mobile applikasie af te laai nie en die klaer hoef ook nie te registreer nie.

Die fokus is op die gebruiker en daarom behoort dit ‘n persoon nie langer as 30 sekondes te neem om ‘n fout te rapporteer nie.

Ogaats.co.za is tans beskikbaar in al Suid-Afrika se 226 munisipaliteite.

Probeer www.Ogaats.co.za, die resultate spreek vir hulself.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button