Armand en sy perd tree by Equestrian Estate op
'n Vertoning wat nie misgeloop behoort te word nie, is die van Armand van der Merwe en sy perd op Equestrian Estate.
Dit vind op 23 Mei om 12:00 plaas.
Armand is die enigste sanger in Suid Afrika wat sing terwyl hy op ‘n perd se rug sit en die perd op die maat van die musiek verskillende passies uitvoer.
Hy tree landswyd op en sy optredes is gewild tussen oud en jonk. Sy passie vir perde het van kleintyd af begin. Hy is tans die eienaar van Armand’s Horse Training Centre in Rustenburg.
Armand was reeds vyf keer die ‘tent-pegging’ (gymkana) kampioen asook verskeie jare die ‘Western Pleasure’ kampioen.
Buckles en Boots Western Klub het hom genooi spesifiek om saam te val met die klub se derde provinsiale kwalifiseerder vir die ‘reigning’, ‘western trial’, ‘western pleasure’ en ‘western horsemanship’.
Belangstellendes kan Tharina van der Walt skakel by 082 310 3970 vir kaartjies en besprekings. Daar is slegs ‘n beperkte aantal kaartjies beskikbaar en die organiseerders versoek dat besprekings vroegtydig gemaak word.



