EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Yoti – die Griekse Boertjie eersdaags in Modjadjiskloof

DIE bekende sanger, Yoti - Die Griekse Boertjie tree eersdaags in Modjadjiskloof op.

Dit is beslis goeie nuus vir aanhangers van een van die land se gewildste sangers – hou dus die 19 Junie oop en koop nou reeds die kaartjies.

Die vertoning word gereël deur die susters van die Nederduitch Hervormde gemeente Laeveld in Modjadjiskloof en begin om 19:00 by die kerk.

Kaartjies beloop R120 wat verversings, wyn en ‘n Griekse bord insluit.

Dit is ‘n geleentheid om dié dinamiese verhoogkunstenaar in lewende lywe te hoor. Yoti se program bied ‘n wye verskeidenheid, vanaf Afrikaanse treffers, Country, Gospel, Opera asook die gewilde ‘Wêreldtoer’ waar hy in meer as 10 verskillende tale sing.

Daar sal CD’s en DVD’s van Yoti tydens die vertoning beskikbaar wees.

Skakel Magdalena Carshagen by 083 305 8132 vir kaartjies.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button