Local newsNewsSchool sportSport

Plasie skuts skitter

Twee en twintig Merensky skuts het Saterdag in Gauteng aan gemeld vir die ABO/3di "Triple crown Leg 2" kompetisie.

Nagenoeg 260 skuts van regoor die land het aan hierdie kompetisie deelgeneem.

Merensky se 1ste span met Ricus Warmenhoven, Renart Botha, Ruan Genis en Pieter vd Merwe wen die Senior Skole afdeling.

Die 2de span met Janco Theron, Lin-Marie Theron, Adriaan Venter en Simoné Smith wen brons in die senior skole afdeling. Laerskool Drakensig se eerste span: Canell Jackson, Cornelius Oosthuizen en Braam de Klercq, wat ook by Merensky boogklub geaffilieer is, wen die silwer in die Laerskole afdeling.

Die skuts bring ook 3 individuele medaljes terug, naamlik Canell Jackson (goud), Pieter vd Merwe (goud) en Schalk Warmenhoven (silwer).

Ses van die skuts (Renart Botha, Canell Jackson, Ricus Warmenhoven, Schalk Warmenhoven en Pieter van der Merwe) het provinsiaal kwalifiserende tellings vir 2015 geskiet en is goed op pad om aan die einde van die jaar weer provinsiale kleure te verwerf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button