Editor's noteLocal newsNews

Baantjies vir boeties steeds aan orde van dag

Staatsdepartemente maak tender toekennings aan onbekwame kontrakteurs, solank hulle 'n sny van die koek kry.

Dit is ooglopend dat slegs ‘n deel van die fondse vir die spesifieke tender gebruik word en die res vir ander (dalk persoonlike) doeleindes aangewend word.

Werk word wel begin, maar in baie gevalle nooit afgehandel nie.

En Jan Publiek moet maar tevrede wees met halfgebakte brouwerk.

Situasies waar werk net onvoltooid gelaat is, wat dikwels lewensgevaar inhou.

Onbekwame persone in staatsdepartemente sowel as onbekwame kontrakteurs is besig om hulleself te verryk met geld wat aan die belastingbetalers behoort.

En geen haan kraai ooit daarna nie. Staatsdepartemente word nie ondersoek nie en dit raak ‘n bose kringloop!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button