Local newsNewsSchool sportSport
Christelle palm goud in
Christelle Coetzer, 'n graad 8-leerling van Hoërskool Merensky was hierdie jaar keer op keer in die nuus met haar atletiek, landloop, bergfietsry en duathlon prestasies.
Op Saterdag 4 Julie het Christelle weer die duathlon dissipline aangedurf by die 2015 Mangaung ATU Duathlon African Cup, en moes sy 2.5km hardloop, 10km fietsry en daarna weer 1.75km hardloop.
Sy het tydens hierdie geleentheid vir nóg ‘n veer in haar hoed gesorg toe sy as o.14-atleet met goud in die o.15-ouderdomsgroep weggestap het.
Aangesien Limpopo nie ‘n provinsiale duathlon-span het nie, het Christelle Gauteng-Noord kleure verwerf en onder dié vaandel deelgeneem.
Plasieland is baie trots op hierdie junior SA-kampioen en almal sien in afwagting uit na haar deelname aan die SA landloop kampioenskap later in die jaar.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



