Editor's choiceNewsSchools

‘Arrestasie’ by Hoërskool Ben Vorster

Ben Vorster se skoolhoof is Maandagoggend 'inhegtenis' geneem op vyf 'aanklagte'

Chris Denysschen, hoof van die Hoërskool Ben Vorster, het op Sondag, 16 Augustus, sy verjaarsdag gevier.

Tydens die Vossies se saalopening op Maandag, 17 Augustus, is  Denysschen se verjaarsdag op luisterryke wyse gevier onder leiding van die nuutverkose studenteraad.

Twee studenteraadslede, geklee in polisie-uniforms, het met die geloei van ‘n sirene die saal binnegestorm en  Denysschen gearresteer op grond van die volgende aanklagte:

Hy is te goed vir die skool en te lief vir die Vossies.
Vir die handhawing van uitstekende orde en dissipline in die skool.
Vir die skep van wonderlike geleenthede vir elke Vossie, ongeag agtergrond en vermoë.
Vir die toegewydheid, lojaliteit en entoesiasme waarmee hy die skool lei.
Vir die kaping van ‘n plek in elke Vossie se hart.

Na aanhoor van die aanklagte teen hom, is Denysschen skuldig bevind, uit die saal gelei en die res van die dag bederf met onder andere ‘n ontbyt saam met sy vrou, Elzana by die Olive Tree koffiewinkel.

Denysschen se dagverloop het beslis ‘n ander rigting ingeslaan as wat hy beplan het, maar daarmee wil die Vossies hom net ‘n wonderlike nuwe lewensjaar toewens en hom bedank vir wat hy vir Vossieland beteken.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button