Local newsNews

Paul is Sakeman van die Jaar

Die eienaar van Bekmar Besproeiing, Paul van den Berg, is Vrydag deur die Tzaneen Sakekamer as Sakeman van die Jaar aangewys.

Dit kom as geen verrassing nie, aangesien Paul ‘n sakeman by uitstek is, wat sy besigheid in so ‘n mate uitgebrei het dat daar reeds takke op drie ander dorpe is.

Bekmar Besproeiing het in 2000 sy deure vir die publiek geopen. Paul sluit hom twee jaar daarna in 2002 by die besigheid aan.

Teen 2010 word hy alleeneienaar van die besproeiingsbesigheid en sedertdien gaan hulle van krag tot krag met takke op Letsitele, Louis Trichardt en Hoedspruit.

In April 2013 open hy ‘n nuwe winkel op hulle perseĆ«l in Kudustraat terwyl hy terselfdertyd ‘n tak in Letsitele open om daar in die boere se besproeiingsbehoeftes te voorsien. Daarna volg ‘n tak op Louis Trichardt in 2014.

In Maart vanjaar is sy nuutste “baba” op Hoedspruit gebore toe hy ‘n tak daar geopen het en sodoende sake vir die boere daar heelwat vergemaklik het wat besproeiingstoebehore aanbetref.

Hy hou soos in sy ander takke, daar ook ‘n groot verskeidenheid besproeiingstoerusting aan en deur sy goed opgeleide personeel wat alle besproeiings navrae kan hanteer, lewer hy ook daar ‘n uitstekende diens.

Die Bekmar-span is nie net plaaslike bekend nie, maar doen reg oor Afrika werk en voer besproeiingstelsels na verskeie Afrika lande toe uit.

Paul, wat ‘n diploma in landbou ingenieurswese agter sy naam het, het in 2012 tot 2013 as president van SABI (Suid Afrikaanse Besproeiings Instituut) gedien en in 2014 tot 2015 as uittredende president.

By Bekmar gaan dit nie slegs oor werk nie, en is Paul en sy span by verskeie gemeenskapsprojekte betrokke.

Paul laat die eretoekenning behoorlik tot sy reg kom deur harde werk asook diens en kwaliteit wat altyd van die hoogste gehalte is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button