Sandra lewer uitstekende diens
Sandra van der Gryp, ook van Bekmar Besproeiing, het Donderdag tydens die Tzaneen Sakekamer 'n meriete sertifikaat vir Uitstekende Klantediens ontvang.
Sandra het in 2013 by Bekmar Besproeiing begin werk as toonbank assistent met ‘n baie beperkte kennis van besproeiing.
Binne die afgelope drie jaar, by Bekmar Besproeiing, het sy ‘n ongeĆ«wenaarde kennis opgebou van besproeiingsprodukte en is sy tans die vloerbestuurder, verantwoordelik vir die tevredenheid van die klante.
Sandra gaan uit haar pad uit om seker te maak haar klante is tevrede.
Sy lewer fantastiese diens.
Mis nooit ‘n oproep nie.
Antwoord altyd haar e-posse.
Dien kwotasies in lank voor die sperdatum.
Sy maak altyd ‘n plan en gee selde op voordat sy nie ‘n propleem opgelos het nie.
Al hulle klante het oor die jare geleer dat Sandra ‘n plan sal maak.



