NewsSchools

Die Vossies het klaar gepraat

Die Vossies se interne redenaarskompetisies het op 3 Mei plaasgevind.

In die Junior Vossie redenaarskompetisie se voorbereide afdeling het Helandré Venter, graad 8 skoonskip gemaak as Junior Vossie voorbereide redenaar van die jaar.

Esmi Nortjé, ook graad 8, het die onvoorbereide afdeling gewen en dra die titel as Junior Vossie onvoorbereide redenaar van die jaar.

In die Senior Vossie redenaarskompetisie het die manne koning gekraai en is James Vorster, graad 10, aangewys as Senior Vossie voorbereide redenaar van die jaar en Thys Nortjé, ook graad 10, as Senior Vossie onvoorbereide redenaar van die jaar.

Die wenners van die Vossie senior redenaarskompetisie: James Vorster het die voorbereide afdeling gewen en Thys Nortjé die onvoorbereid.

Hierdie wenners sal tydens die jaarlikse prysuitdelingsfunksie aan die einde van die jaar ‘n wisseltrofeë ontvang vir die prestasie.

Vyf redenaars, in elke afdeling, het deurgedring na die ATKV-redenaars streeksronde wat plaasvind het op 13 Mei, by die Hoërskool Louis Trichardt.

Estelle van Deventer, die organiseerder, bedank graag elke redenaar wat deelgeneem het, asook die beoordelaars: Hannelie Schoonraad, Marty Reynolds, Sanet Muller, Martinette Müller en Liezl Kriel, vir hulle betrokkenheid. Die redenaars wat deurgedring het na die ATKV-redenaarskompetisie se streeksronde is:

Junior voorbereide afdeling: Helandré Venter (gr8), Anika Bezuidenhout (gr8), Elsjé Kriel (gr8), Franco Venter (gr8), Dee-Gené Goodes (gr8)

Die wenners van die Vossie junior redenaarskompetisie: Esmi Nortjé het die onvoorbereide afdeling gewen en Helandré Venter die voorbereide afdeling.

Junior onvoorbereide afdeling: Esmi Nortjé (gr8), Jarike Stapelberg (gr8), Jana Oberholzer (gr9), Renzo du Plessis (gr9), Aldrich van de Merwe (gr9)

Senior onvoorbereide afdeling: Thys Nortjé (gr10), Anzeret Scheepers (gr11)

Nicola Joubert (gr10) wat moes onttrek weens anders verpligtinge, Mienkie Stone (gr10), Francois Briers (gr11), Annerie Stassen (gr10)

Senior voorbereide afdeling: James Vorster (gr10), Lumé Jacobs (gr11), Erwin Ceronio (gr12), Malaika Coetzer (gr10), Liané Pretorius (gr10), Craig Bredenkamp (gr10) wat moes onttrek weens anders verpligtinge.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button