Hoërskool Merensky se Uitvoerende Komitee van 2016/2017, het besluit om vanjaar deel te neem aan die wêreldwye beweging om honger te beveg.
Hulle het ‘n behoefte in die gemeenskap gesien om geld vir kos in te samel en sokkies vir die minder bevoorregte mense.
‘n Vellie-Vrydag is op 5 Mei gehou waaraan die hele skool deelgeneem het. Die skool is uitgedaag om ‘n geldjie te skenk en bottels vir elke graad isuitgesitvir die doel. Die graad 8 leerlinge het die meeste geld ingesamel. Die geld gaan gebruik word om “Go Ahead” voedsame kospakkies aan tekoop. 60 pare sokkies is ook aan die Westfalia kliniek oorhandig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




