CrimeNews

HAENERTSBURG: Gewilde restaurant lei skade na rooftog

'n Gewilde restaurant in Haenertsburg, Lekwar, het skade na hul Dinsdag beroof is.

Die eienaar, Frans de Bruyn, het aan Letaba Herald vertel toe hy Woensdagoggend oopsluit het hy gesien daar is gate in die grasdak.

Met verdere ondersoek het de Bruyn besef dat daar ingebreek is.
Verdagtes het toegang tot Lekwar gekry deur die grasdak.
“Hulle het die alarm stelsel heeltemal uitgeruk,” vertel de Bruyn.
Die verdagtes het die kombuis venster gebreek en die kantoor betree om die kamerastelsel te ontkoppel.
Verskeie items is gesteel gedurende die diefstal.
Verskeie tegnologiese toestelle sowel as die kasregister is gesteel.
‘n Saak van diefstal was geopen by die polisie.
“Ons was gister oop en besigheid gaan aan soos normaal met die gate en al,” sê de Bruyn.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button