NewsSchools

Janco sprei sy musikale vlerke

Die Plasie met die flinke vingers, Janco Blignaut, het op 24 Oktober aan die prestige Atterbury Klavierkompetisie in Pretoria deelgeneem.

Die Plasie met die flinke vingers, Janco Blignaut, het op 24 Oktober aan die prestige Atterbury Klavierkompetisie in Pretoria deelgeneem.

Om hiervoor te kwalifiseer moes hy ‘n video-opname aan die beoordelaarspaneel voorlê.

Daarna is Janco genooi om saam met 19 ander belowende pianiste in sy ouderdomsgroep aan te meld, waarna die musikale stryd begin het.

Janco Blignaut van Merensky diep in sy element op sy bank agter ‘n klavier.

Janco het nie na die volgende ronde deurgedring nie, maar het die ervaring baie leersaam gevind. “Dit was lekker om skouers te skuur met ander musikante en te sien dat almal se senuwees knaag.”

‘n Video-opname van Janco se optrede is te sien op Hoërskool Merensky se Facebook-blad (HS Merensky).

Janco hoop om in 2018 sy UNISA graad 7-eksamen af te lê.

Hoërskool Merensky wens hom geluk met hierdie deelname en bedank ook sy musiektutor, me. Ingrid Linde, wie die ekstra myl (toonleer?) ter voorbereiding met hom afgelê het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button