NewsSchools

Vossie hoof Chris Denysschen ‘n leier van formaat

Suid Afrika se beste hoofde en onderwysers word jaarliks deur die Departement van Basiese Onderrig se Nasionale onderwys vereer vir hulle bydra tot die ontwikkeling en onderrig van die kinders.

Hoërskool Ben Vorster se hoof, Chris Denysschen, is aangewys as die kandidaat van Limpopo se “Excellence in leadership, secondary schools” toekenning.

Hy sal einde November teen die ander provinsiale wenners meeding vir die nasionale toekenning.

Deelnemers moet deur hulle kollegas genomineer word en deur ‘n paneel van beoordelaars ondervra word om te bepaal in watter mate hulle aan verskillende kriteria voldoen.

Denysschen het die beoordelaars beïndruk met onder andere: Die manier hoe hy leiding neem, goeie samewerking bewerkstellig tussen verskillende rolspelers en sorg dat sy skool uitreik na minder bevoorregtes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button