CrimeEditor's choiceNews

Wildstropers slaan weer toe in Letsitele

Wildstropers in die Letsitele omgewing het twee keer dieselfde kleinhoewe in een week geteiken.

Juan Marais is die nuutse wildeienaar wat onder stropers deurgeloop het. Marais wat net buite Letsitele wild op ‘n stukkie grond aan hou, is verlede Woensdagnag gestroop van agt rooibokooie en een swart rooibokram. As of dit nie genoeg was nie, het stropers Vrydagnag weer toegeslaan en is ‘n verdere vyf rooibok ooie, ‘n Nyala ooi en ‘n Nyala bul in strikke gevang en doodgemaak.

LETABA HERALD het twee weke gelede berig oor die erge stroping van wild op die plaas van Giel Brits.

Brits, wie se grond aangrensend is aan die van Marais, het aan LETABA HERALD gesê is dit vermoedelik die werk van die dieselfde ‘barbare’, aangesien die skoensool afdrukke wat agtergelaat is ooreenstem met die wat na die strooptog op sy eiendom gevind is.

Lees: TZANEEN: Nog wildstropers vas

Dieselfde modus operandi word gevolg waar die diere in draadstrikke gevang word, dood gemaak word, die ingewande uitgehaal word en die karkasse dan verwyder word tot by die R71 waar dit vermoedelik dan in of op voertuie gelaai word. Daar word vermoed dat die stroper bende uit tussen ses tot agt persone bestaan.

Volgens Brits wil dit voorkom as of die stropers ‘bestellings’ ontvang om die diere te steel.

Soos vantevore het die stropers toegang verkry deur die grensdrade te knip. Finansiëleskade word in die omgewing van R45 000 bereken. LETABA HERALD is van persoon na persoon verwys, maar kon nie veel inligting uit die Letsitele Polisie kry nie behalwe dat daar tans ‘n ondersoek aan die gang is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button