CrimeNews

Moordsyfer vir Limpopo bereik skokkende 6 066 voorvalle vir 2017/2018

"AfriForum het reeds gevestigde veiligheidstrukture in al drie van die noordstreekprovinsies en wil graag ’n beroep doen op die gemeenskapslede en ander veiligheidsinstansies om betrokke te raak en saam te werk om sodoende te help om misdaad hok te slaan..."

Bheki Cele, die Suid-Afrikaanse minister van polisie, het op 11 September  die nasionale misdaadstatistiek vir 2017/2018 bekend gemaak.

Volgens Cele het die moordsyfers in Mpumalanga met 3,4% afgeneem en so ook het poging tot moord met 5,7% afgeneem.

Roof met verswarende omstandighede het met 0,8% gestyg en gewone roof toon ’n afname van 13,9% die afgelope jaar.

In Limpopo het moord met 12,1% toegeneem; poging tot moord het met 6,6% toegeneem; roof met verswarende omstandighede het met 4,5% gestyg; en gewone roof toon ’n afname van 2,2% oor die afgelope jaar.

Lees: Latest crime statistics for SA 2018

Moord in Gauteng het met 3,2% toegeneem; poging tot moord het met 8,4% afgeneem; roof met verswarende omstandighede neem af met 3,9%; en gewone roof sien ’n afname van 2,2% die afgelope jaar.

Die feit dat 6 066 moordsake in die noordstreek by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) aangemeld is gedurende die afgelope jaar – Mpumalanga (922), Limpopo (911) en Gauteng (4 233) – is kommerwekkend.

AfriForum sal die noordstreek ’n fokusarea maak om veiligheidstrukture te vestig om misdaad proaktief en binne die raamwerk van die wet te bekamp.

“AfriForum het reeds gevestigde veiligheidstrukture in al drie van die noordstreekprovinsies en wil graag ’n beroep doen op die gemeenskapslede en ander veiligheidsinstansies om betrokke te raak en saam te werk om sodoende te help om misdaad hok te slaan,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streeksveiligheidshoof vir Gauteng, Limpopo en Mpumalanga.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button