Editor's choiceLocal newsNews

TZANEEN: Boere hoopvol tydens Agri vergadering

Tzaneen en omgewing se boere hou vergadering en die omstrede kwessie rondom grondonteiening, asook elektrisiteits-voorsiening en die sensus-opname van kommersiële landbougrond is bespreek.

Op Woensdag, 5 September het Agri Letaba hul kwartaallikse lede-vergadering by die Tzaneen Skougronde gehou wat deur ongeveer 20 lede bygewoon is.

Agri Limpopo was verteenwoordig deur die Hoof Uitvoerende Beampte, Willem van Jaarsveld en die Voorsitter van die Transformasie-Kommitee, Dr. Theo de Jager, wat ook die gasspreker was.

Die Streeksbestuurder vir die Mopani distrik van Statistiek Suid Afrika, Moretsi Rabonda, die nuut aangestelde Bestuurder van Kliënte Diens en Kleinhandel Sake by die Groter Tzaneen Munisipaliteit (GTM), Bheki Tshawe en Llandi van der Walt, Voorsitter van die Tzaneen Sakekamer was van die nielede teenwoordig.

Sensus:

Census of Commercial Agriculture (CoCa), is ‘n nasionale sensus-opname van kommersiële landbougrond en vind elke vyf jaar plaas.

Die laaste sensus was in 2007 gedoen aangesien daar nie fondse beskikbaar was om die 2012 opname uit te voer nie. Inligting wat van die boere versoek gaan word tydens die sensus, is ondermeer die grootte van die grond, die persentasie van die grond wat vir landbou aangewend word, wie het verblyfreg, boerderyverliese, oesproduksie, vee-hoeveelhede, masjienerie wat gebruik word en finansiële-inligting wat insluit, inkomstes, kapitaal uitgawes en die waarde van die entiteit.

Die datum, waarop die versameling van inligting afskop, is 8 Oktober 2018 en sal voortduur tot 30 Junie 2019.

Willem van Jaarsveld van Agri Limpopo, het sy bekommernis teenoor Rabonda uitgespreek, dat gesien in die lig van die huidige politieke-klimaat en spesifiek die regering se beoogde grondonteiening program, die aard van en die tydsberekening van die sensus-opname nie slegter kan wees nie.

Van Jaarsveld het Rabonda verder daarop gewys, dat sou die personeel van haar departement tydens hulle besoek aan plase, die inligting wat die boere verskaf sou bevraagteken, dit kan lei tot argumente en ‘n beroep op haar gedoen om die sensitiwiteit van die situasie te besef.

Elektrisiteits-voorsiening:

Voorsitter Pieter Vorster, het aan Bheki Tshawe van die (GTM), die boere se frustrasie rondom die sub-standaard elektrisiteits-voorsiening, asook die swak kwaliteit van elektrisiteit, spesifiek in die Letsitele / Constantia omgewing oorgedra. Begrotings tekorte en die beskikbaarheid van kapitaal, is in die verlede deur die GTM as redes aangevoer vir die swak kwaliteit en voorsiening.

Vier maande gelede, het die huidige Munisipale Bestuurder Thapelo Matlala, aan die boere gesê “dat hulle hom moet vertrou” maar tot op hede was daar geen kommunikasie van sy kant af rondom hierdie kwessie nie. ‘n Kennisgewing is ontvang dat die Development Bank of South Africa (DBSA) R30 miljoen per jaar vir die volgende drie jaar beskikbaar gaan stel, maar Tshawe het bevestig dat geen geld nog van die DBSA ontvang is nie. Die fondse gaan blykbaar gedurende die huidige finansiëlejaar beskikbaar word.

Volgens Tshawe, vind daar op 13 September ‘n vergadering plaas tussen die GTM en die DBSA om die goedkeuring van die befondsing te bespreek. Vorster het ook aangedring op verslae van onderhoudswerk wat reeds afgehandel is, asook wat beplan word vir die volgende 12 maande. Verder het Vorster gesê dat volgens die nakomings (compliance) oudit wat deur die National Energy Regulator of South Africa (NERSA) gedoen is, presteer die GTM goed maar dit skets nie die ware prentjie nie, en het voorgestel dat daar ook ‘n ‘tegniese’ oudit gedoen moet word om die werklike probleme uit te lig.

Water-voorsiening:

Damvlakke daal steeds en strenger kwotabeperkings word verwag.

“Damme in die Letsitele omgewing is basies leeg,” het Vorster gesê, en hulle ontvang geen reaksie op geskrewe navrae wat maandeliks aan die Departement Water en Sanitasie gerig word mbt tot die voltooiing van die Tzaneen Damwal projek nie. Lone: Renier Snyman, arbeidskonsultant by Komatieland, het bevestig dat ‘n nationale minimum loon aanvaar is maar nog deur die Staatspresident afgeteken moet word. Daar is egter nog nie bevestiging van wat die bedrag is nie.

Hy het boere gevra om daarop te let, dat in die geval van die indiensneming van buitelanders, hulle seker moet maak dat die koöperatiewe-permitte in plek is.

Grondonteiening:

Dr.Theo de Jager het aan die lede vertel dat die regering bymotiewe het met onteiening van sekere plase.

Die veelbesproke ‘Akkerland’ onteiening in die Soutpansberg distrik wat LETABA HERALD ‘n paar weke gelede oor berig het, is tans ‘n goeie voorbeeld van hoe die publiek mislei word.

“Wat agter die onteiening van hierdie grond sit, is die toegang van die mineraalregte houers om die steenkool te myn,” het de Jager gesê. Dit het aan die lig gekom dat volgens die onlangse investerings-ooreenkoms tussen Suid Afrika en China, daar ‘n enorme industriëlepark, wat ondermeer bestaan uit ‘n baie groot kragstasie, vyf staalfabrieke, ‘n aluminium smeltery as ook ‘n oopgroef myn in die steenkoolryke gebied beplan word. Die skokkend feit is dat die regering hierdie beoogde projekte alles onder die dekmantel van grondonteiening wil laat plaasvind. Verder het de Jager belangrike inligting oorgedra mbt tot die onteiening van ‘n plaas.

“Sou die balju op ‘n boer se plaas opdaag met die onteieningsbrief en die boer die brief in ontvangs neem, dan volgens die huidige wetgewing, is die grond onteien.” Die wet stipuleer, dat die geld wat die regering vir die grond aanbied, binne sewe dae aan die grondeienaar oor betaal moet word. Sou die eienaar die eis betwis, word 20% van die bedrag teruggehou. De Jager het ook genoem dat onteiening slegs mag plaasvind wanneer ‘n grondeis as rede aangevoer word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button