Local newsNews

TZANEEN: Hotel verwoes in vlammehel

Die verlate Letaba Hotel in Modjadjiskraal is so te sê totaal en al vernietig deur 'n brand.

Die brand wat vroeër vanmiddag uitgebreek het is tans onder beheer.

Letaba Herald verneem dat die skade aan die strukture baie groot is.

“Die meeste, indien nie al die grasdakstrukture is vernietig,” is aan Letaba Herald vertel.

Video:

Na wat verneem word is die strukture met teëldakke gespaar deur die vlammehel.

“Alles met grasdakke is totaal vernietig.”

Die omgewing is glo ongelooflik toegegroei, en dit het brandbestryding glo erg bemoeilik.

Video:

“Die bosse was oor die geboue gegroei, en dit wil voorkom of die plek nie meer ingebruik was nie. Maar ek dink dit moes in sy dae ‘n ongelooflike mooi lodge gewees het,” is aan Letaba Herald vertel.

Die Letaba Fire Protection Asociation (LFPA), die Mopani brandweer, 2 helikopters en een spotter was deel van die brandbestrydings-span.

Meer inligting volg.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button