CrimeNews

Neem deel om misdaad in Tzaneen te beveg

Die Tzaneen Buurtwag is op die been gebring met die doel om misdaad in dié dorp in samewerking met plaaslike veiligheidstrukture te beveg.

Hierdie mense offer hulle aande op om die mense in die dorp veilig te hou deur met hulle eie voertuie patrollies te ry. Daar word ook maandelikse vergaderings gehou waarby die publiek ook betrek word indien hulle sou belangstel.

Lede van dié Tzaneen Buurtwag sal opleiding in patrollering, noodhulpbystand en toepaslike wetgewing ontvang.

Dit is belangrik dat lede van veiligheidstrukture toegerus en bevoeg is om in noodsituasies bystand te bied en oor die nodige kennis te beskik om altyd binne die raamwerk van die wet op te tree.

Ons moedig die inwoners van Tzaneen en omliggende gebiede aan om betrokke te raak en ons te help om veiligheid in die gemeenskap ’n prioriteit te maak.

Ons neem hiermee die vrymoedigheid om U te nader vir ‘n donasie vir Tzaneen Buurtwag. Soos die meeste van julle reeds weet, patrolleer ons manne die dorp en omliggende gebiede in die nag.

Ons wil graag seker maak dat elke man veilig is terwyl hy dit doen.

Daarom wil ons graag aan elkeen van hulle die nodige beskerming gee.

Ons benodig nog koeëlvaste baadjies en tweerigting radio’s om aan die te gee wat nog nie het nie. Indien U meer inligting benodig, kan u gerus vir Corrie Large Jnr skakel by 079 431 5216.

Enige donasie of borgskap sal baie hoog op prys gestel word.

Indien enige persoon sou belangstel stel om aan te sluit by Tzaneen Buurtwag, kontak asb die volgende : E-mail : tznbuurtwag01@gmail.com Whatsapp : 060 868 2114 24/7 noodnommer : 078 822 2942 Donasie: Tzaneen Buurtwag FNB Money Market Account Rek no : 6277 0366 568 Tak kode : 260 349 Verwysing : Naam / Besigheid POP : E-mail : tznbuurtwag01@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button