Local newsNews

Patrysie is veilig terug na ‘ontvoering’

"My enige asem is terug."

So vertel SP Nel nadat sy 5 maande oue pitbul, Patrysie Sondag op sy plaas in Mooketsi ‘ontvoer’ is, maar Maandag veilig terugbesorg is deur die hulp van vriende.

Nel het Sondag op sy Facebookblad ‘n hartseer boodskap geplaas dat sy dierevriend gesteel is, maar dat hy vermoed wie dit is, en dat hy alles in sy vermoë gaan doen om Patrysie terug te kry.

“Patrys het gaan stap en ek het haar begin soek. Hy is deur mense wat op die plaas was opgelaai en hulle het hom net gevat.

‘n Vriend van my André Pohl, het my geskakel en gesê dat hy dink hy het nou net my hond in iemand se kar gesien,” vertel Nel.

Nel het met werkers op die plaas gesels om uit te pluis wie op die plaas was en kon so die kontak nommer van die verdagte in Tzaneen opspoor wat sy hond goedsmoeds gevat het.

“Ek het hom geskakel en gevra om my hond terug te bring. Hy wou nie, ek vermoed hy was bang. Hy het later ingestem en ek het my drywer Maandag Tzaneen toe gestuur om Patrysie te gaan oplaai. Hy is by Sasol motorhawe oorkant die LifeStyle sentrum oorhandig.”

Die ‘welkom terug’ was vir beide groot.

“Ek het nou net vir haar ‘n stuk steak gaargemaak. Sy het reguit na haar pillebak gehardloop, baie water gedrink, sy het teen my opgespring en toe op die bank gaan lê en slaap.”

Nel wil graag Andre Pohl en Freddy Coetzee bedank wat hom bygestaan het om Patrysie veilig terug te besorg. ‘Sy is my enigste asem, sy is al wat ek het en is baie lief vir haar,” het ‘n dankbare Nel aan die HERALD vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button