Editor's choiceLocal newsNews

OPVOLG: Dosyne donasies vir klein Dian stroom steeds in

TZANEEN: Klein Dian se ouers se harte loop oor van dankbaarheid nadat donasies instroom nadat hy erge brandwonde opgedoen het.

Dian Nel (10 maande), het verlede Dinsdag, 21 Mei erge brandwonde opgedoen, nadat sy bababed vlam gevat het in hulle huis op Letsitele.

Donasies by die dosyne.

Dian is nog opgeneem in die Mankweng hospitaal in Polokwane, maar volgens sy ouers behoort hy teen die naweek ontslaan te word om by die huis aan te sterk.

Lees: Letsitele: ‘Boetie brand’ – seuntjie stabiel nadat bababed vlam vat

Sedert Letaba Herald die artikel op sosiale media gepubliseer het, het Tzaneen en Letsitele se inwoners en verskeie motorfietklubs hulle harte en beursies oopgemaak en donasies het ingestroom.

Alles vir klein Dian.

Die Herald se kantoor is oorval met oproepe van sover as Gauteng om die familie by te staan.

Donasies wat ingesamel is by Letsitele Spar.

Dian se ouers, Michelle Cloete en JJ Nel het Letaba Herald vanoggend, 30 Mei besoek om van die donasies deur skenkers wat verkies om annoniem te bly te kom afhaal.

Dian Nel.

Van die skenkings is reeds verlede week deur weldoeners na die Mankweng Hospitaal geneem.

Dian Nel.

‘n Babbabed en nog kontant skenkings  blyk in die vooruitsig te wees.

Die Herald verneem verder dat Dian se storie wye nasionale media aandag geniet, nadat ons publikasie die gesin se pleidooi gebreek het.

Vir enige skenkings of navrae: Epos: bertus@herald.co.za

Volledige artikel in die week se uitgawe van Letaba Herald.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button