Die jaarlikse Tritech Tzaneen Streeksronde het op Vrydag by Hoërskool Ben Vorster plaasgevind.
Tritech is ‘n platvorm waar ‘n nuwe generasie navorsers die geleentheid gegun word om op ‘n wetenskaplike wyse tendense in hul leefwêreld te ondersoek en oplossings vir uitdagings te vind.
LEES: Active fun day held at Merensky
Altesaam 52 projekte is vanjaar ingeskryf, wat deur beoordelaars uit die gemeenskap en kundiges op verskeie velde bekyk, beluister en beoordeel is.
Oudergewoonte het Hoërskool Merensky weer bobaas projekte aangebied. In die ses afdelings, het 12 projekte goud verower, waarvan 10 aan Merensky behoort.

Van die interessante projekte was onder andere dié van Jaco en Hardus van Staden wat tydens hul vakansiewerk begin dink het aan ‘n meer omgewingsvriendelike en gesonder manier om tamaties te behandel wanneer dit verpak word.
Wie weet, een van die dae koop ons dalk supertamaties in die winkel danksy hul innoverende denke.
LEES: HOEDSPRUIT: Riepie-rugbyweek reuse sukses
Siraaj Omar het higiëne in restaurante onder die vergrootglas bekyk. Hy het bevind dat die spyskaarte die meeste bakterië bevat, maar dat dit nogsteeds veilig is en dat elkeen rustig kan uiteet.
Savanna Sparrow en Kayla Gaigher het voorgestel dat urien-doopstokkies in openbare badkamers beskikbaar moet wees sodat mense gerieflik in privaatheid hul suikervlakke kan toets.

So kan diabetes beter voorkom word en vinniger gediagnoseer word. Die Plasies spog ook met 14 silwer- en vier brons toekennings.
Deelnemers het nou genoeg tyd om hul projekte af te rond voor die nasionale ronde op 6 en 7 September by Hoërskool Merensky aangebied word.



