NewsSchools

Plasie krieket maak amok

Merensky wen die wedstryd gemaklik met sewe paaltjies, waarna Henro Delport as 'Man van die wedstryd' aangekondig is.

Hoërskool Merensky se seuns-krieketspanne het Saterdag behoorlik amok gemaak in 50-beurt ligawedstryde teen Stanford Lake College.

Die o/15-seuns het berg-op gery om op Stanford se veld hul staal te toon.

Stanford kolf eerste en teken slegs 96 lopies aan na al hul paaltjies geval het.

Lees: TZANEEN: A celebration set out for local heroes

Henro Delport het agt uit tien leë boulbeurte afgestuur en neem drie paaltjies vir slegs drie lopies.

Op sy beurt het Hendrik Botes ses uit tien leë boulbeurte bemeester en een paaltjie laat kantel vir agt lopies.

Marais Botha stuur ‘n paaltjiebreker af.

Phillip Ludick moker 36 lopies van 33 balle, terwyl Ockert Schoeman 24 lopies van 15 balle baasraak.

Merensky wen die wedstryd gemaklik met sewe paaltjies, waarna Henro Delport as ‘Man van die wedstryd’ aangekondig is.

Op die Merensky Oval het sake vir die eerste XI-tal eweneens voorspoedig verloop.

Lees: TZANEEN: Gimnaste skitter tydens SA’s en lewer kampioen

Stanford kolf hier ook eerste en teken in 40 beurte 173 lopies aan, almal uit.

Mohammed Bala stuur drie leë boulbeurte af en neem vyf paaltjies vir 26 lopies in sy tien boulbeurte en word aangewys as ‘Man van die wedstryd’.

Gerhardus Fourie boul sewe beurte, waarvan twee leeg is en neem twee paaltjies vir 12 lopies.

Merensky bereik hul wen teiken van 174 lopies in 30 boulbeurte met ses paaltjies staande danksy Nick Adendorff wat 39 lopies aanteken van 55 balle en Gerhardus Fourie se uitstekende 62 lopies van 52 balle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button