Local newsNews

Merensky-leerder Ronan swem silwer los by Suid-Afrikaanse kampioenskap

Die Suid-Afrikaanse skoleswemkampioenskap is 'n hoogtepunt op elke jaar se kalender en verlede jaar was geen uitsondering toe Merensky se swemmers gewys het waartoe hulle in staat is.

Plasie-swemmers het goed gevaar tydens die Suid-Afrikaanse skolekampioenskap wat verlede jaar in Desember gehou is.
Ronan Theron, Daniel en Donia Smit en Kagiso Hoaeane het aan die SA Skole Swemkampioenskap, wat van 9 tot 13 Desember 2019 by die Hillcrest-swembad in Pretoria plaasgevind het, deelgeneem.
Katlego Hoaeane, wat in 2019 nog ‘n “amper-Plasie” was, maar nou met trots die blou dra, het ook deelgeneem. Ronan het aan sewe items deelgeneem en trots weggestap met ‘n tweede plek in die seuns o.16 50m vlinderslag. Hy het die afstand kafgedraf in 53 sekondes. DiĆ© veelsydige swemmer het ook deelgeneem in bors- en rugslag-items.
Daniel het in ses items deelgeneem en ‘n vierde plek behaal in die seuns o.16 200m rugslag.

ALSO READ: Plasie-swemmers kwalifiseer vir SA’s

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button