Local newsNews

Skole hou asem op vir die einde van die maand

Skole doen 'n beroep op ouers om hul skoolgelde te betaal.

Skole hou hul asem op vir die betaling van skoolgelde aan die einde van April.

“Betaling van skoolfonds is ‘n statutêre verpligting wat jaarliks betaalbaar is,” sê Magnus Steyn, skoolhoof van Hoërskool Merensky.

Hy sê hulle ervaar nog altyd ‘n positiewe houding van Merensky se ouers in die betaling van skoolgelde.

“Ons glo aan waarde vir geld, daarom is ons ouers se houding ten opsigte van die betaal van hulle skoolfonds positief.”

Hy sê omdat die inperking eers op 26 Maart afgekondig is, was die einde Maart se betalings binne perke normaal. Die skoolgelde vir einde April sal eers aan die einde van dié maand bepaal word wanneer meeste mense betaal, sê hy.”Ons wil ‘n beroep op ons ouers te doen om voort te gaan met die betaling hul kinders se skoolgelde. Skole het onderhoudskostes, lenings, salarisse van beheerliggaam-aangestelde personeel en ander uitgawes wat betaal moet word.”

Ouers kan wel, soos aan die begin van die jaar, aansoek doen vir kwytskelding as hulle salaris verander het of weggeval het. Die nodige vorms sal ingevul moet word (met die nodige bewyse) en moet teruggestuur word vir oorweging deur die beheerliggaam.

Willes Steenkamp van Laerskool Tzaneen sê Larries se beheerliggaam doen uitstekende werk wat finansies aanbertef.

“Natuurlik sal daar ‘n afname wees met baie wat moontlik nie ‘n inkomste gaan hê nie. Die beheerliggaam het egter hulle planne in plek en het reeds op maatreëls besluit sodat die skool finansieel kan oorleef.

“Onderwysers is nie met vakansie nie, hulle werk en gaan nog baie hard werk hierdie jaar aangesien die leerders se vordering ons prioriteit is,” sê hy.

Jan van Staden, hoof van Die Hoërskool Ben Vorster, sê soos alle skole gaan hulle ook gebuk onder skoolgelde wat ingesamel moet word in die inperkingstyd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button