Local news

Atlete maak Merensky trots

Die Frikkie Deysel-atletiekbyeenkoms het op Vrydag 6 Februarie by Merensky Landbou Akademie plaasgevind.

TZANEEN – Die Frikkie Deysel-atletiekbyeenkoms, een van die gewildste jaarlikse byeenkomste waar van Limpopo se topatletiekskole mekaar die stryd aansê, het op Vrydag 6 Februarie by Merensky Landbou Akademie plaasgevind.

Die dag is gekenmerk deur geesdrif, sterk kompetisie en uitmuntende prestasies. Die deelnemende skole was die Plasies, Hoërskool Louis Trichardt, Hoërskool Piet Potgieter, HTS Tom Naudé en Stanford Lake College.

Punte aan die einde van die dag:

Meisies

Merensky Landbou Akademie – 627
Hoërskool Louis Trichardt – 497
Hoërskool Piet Potgieter – 456

Seuns

Merensky Landbou Akademie – 543
HTS Tom Naudé – 440
Hoërskool Louis Trichardt – 434

Merensky Landbou Akademie is as wenners van die byeenkoms gekroon, met HS Louis Trichardt in die tweede plek.

Kylie van Eeden.

Individuele top-prestasies:

  •  Junior victrix ludorum: Kylie van Eeden (Merensky). Kylie het hierdie beker verower met haar prestasies in die 100m-, 90m- en 300m-hekkies.
  •  Junior victor ludorum: Temi Jegede (Hoërskool Louis Trichardt).
  •  Senior victrix ludorum: Chrizette Odendaal (Hoërskool Louis Trichardt).
  •  Senior victor ludorum: Mafunwa Maliavusa (Hoërskool Louis Trichardt).

Merensky het deur die dag 47 goue -, 45 silwer- en 40 bronsmedaljes ingepalm.

Jana Jacobsz.

Die volgende byeenkoms waarna atletiekliefhebbers kan uitsien is die jaarlikse interhoër op Vrydag, 20 Februarie, ook by Merensky.

Die deelnemende skole is die Plasies, Hoërskool Eric Louw, HTS Tom Naudé, Pieterburg Hoërskool, Northern Academy, Hoërskool Louis Trichardt, Curro Heuwelkruin en Hoërskool Frans du Toit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button