Schools

A-simbole vir Merensky se wiskunde-boffins

Die onderskeidings rol vroeg in vir ‘n paar dapper graad 12’s van Merensky Landbou Akademie wat reeds met hulle eindeksamens begin het.

Jacques Snyman, Vihan Allan en Honour Monyela het einde Mei vraestel 2 van gevorderde wiskundestudies van die Onafhanklike Eksamenraad met groot sukses afgelê. Jacques Snyman behaal 89% vir die vraestel, Vihan Allan behaal 87% en Honour Monyela het 78% vir die vraestel gekry.

Honour Monyela

lees ook: Hoërskool Merensky deel dosyne pryse uit vir presteerders

Vihan Allen

“Die vak was voorheen bekend as ‘AP Maths’ en die vraestel dek matrikse en grafiekteorie,” verduidelik Corrie de Beer, wat die vak aanbied. Die drie slimkoppe sien uit na die res van die vraestelle aan die einde van die jaar en De Beer wens die leerders die beste toe op hulle wiskundepad.

Related Articles

 
Back to top button