Primary SchoolSchools

Larrie o12A’s is tops

Die o12A-netbalspan van Laerskool Tzaneen het ‘n besonderse seisoen agter die blad en is die vyfde beste netbalspan in die land.

Nadat die meisies die Limpopo-liga gewen het, het hul net nooit opgehou oefen nie want hul het een doel voor oë gehad, die SuidAfrikaanse kampioenskap.

Hulle toewyding wys in die uitslae met die Larries wat op die eerste dag van die SA’s 11-10 teen Kenridge wen, 12-2 teen Wilgerivier wen, gelykop 8-8 teen Orion speel, 15-4 teen Shapeve wen, 20-1 teen Grootdrink wen en die dag as poelwenners afsluit.

Lees ook: Lowveld Academy embraces science week

Op die tweede dag van die toernooi wen die Larries 11-4 teen Willem Postma, verloor hulle 8-11 teen Durbanville, wen hulle 13-10 teen Lydenburg, wen hulle 13-8 teen OranjeNoord. Tzaneen wen agt uit hul nege wedstryde.

Die span het net drie wedstryde verloor in die seisoen van wat van 25 Januarie tot 10 Augustus gestrek het. Die skool het die spelers, afrigters en ouers geluk gewens met hierdie besonderse prestasie en het Wolken, Pam Golding en Gravelotte Charcoal bedank vir hulle ondersteuning.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button