School sportSchoolsSport

Skuts vat goud by SA’s

Ses skuts van Hoërskool Ben Vorster het teen meer as 300 topskuts in die land gekompeteer by die Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleskuttersunie (SANSSU) se jaarlikse toernooi.

Die spoggeleentheid was weereens die vertoonvenster vir talent, senuwees van staal, dissipline en kameraderie.

Vossies wat deel kon uitmaak van die prestigegeleentheid, het Limpopo verteenwoordig in die o/14-, o/16- en o/21- ouderdomsgroepe en het in die drieposisies- en 10m-Olimpiesestaan-kategorieë deelgeneem. Mianel du Plooy was ook hierdie jaar in die SA span wat in Engeland in Bisley deel te neem.

Lees ook: Die twee spanne druk altesaam sewe drieë tydens die wedstryd

Sy neem deel aan die o/21-kategorie en Schalk van Niekerk, Rikus de Kock en Marnu Duvenhage in die o/16- kategorie en Louisa de Beer en Marné Coetzee in die o/14- kategorie. Hulle het met skerpskutter deursettingsvermoë ‘n barshou geskiet. Rikus de Kock het sy persoonlike beste tellings geskiet en in spanverband het die Limpopo o/16-span met die goue louere weggestap vir drieposisie.

Die Limpopo o/21-span het gewen in die algehele kompetisie. Die Vossies se uitslae: Mianel du Plooy (1427 punte en 89,1%) Schalk van Niekerk (1412 punte en 88,2%) Rikus de Kock (1392 punte en 87%) Marnu Duvenhage (1333 punte en 83%) Louisa de Beer(1324 punte en 82,7%) Marné Coetzee (1313 punte en 82,0%)

Related Articles

 
Back to top button