School sportSchoolsSport

Skuts vat goud by SA’s

Ses skuts van Hoërskool Ben Vorster het teen meer as 300 topskuts in die land gekompeteer by die Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleskuttersunie (SANSSU) se jaarlikse toernooi.

Die spoggeleentheid was weereens die vertoonvenster vir talent, senuwees van staal, dissipline en kameraderie.

Vossies wat deel kon uitmaak van die prestigegeleentheid, het Limpopo verteenwoordig in die o/14-, o/16- en o/21- ouderdomsgroepe en het in die drieposisies- en 10m-Olimpiesestaan-kategorieë deelgeneem. Mianel du Plooy was ook hierdie jaar in die SA span wat in Engeland in Bisley deel te neem.

Lees ook: Die twee spanne druk altesaam sewe drieë tydens die wedstryd

Sy neem deel aan die o/21-kategorie en Schalk van Niekerk, Rikus de Kock en Marnu Duvenhage in die o/16- kategorie en Louisa de Beer en Marné Coetzee in die o/14- kategorie. Hulle het met skerpskutter deursettingsvermoë ‘n barshou geskiet. Rikus de Kock het sy persoonlike beste tellings geskiet en in spanverband het die Limpopo o/16-span met die goue louere weggestap vir drieposisie.

Die Limpopo o/21-span het gewen in die algehele kompetisie. Die Vossies se uitslae: Mianel du Plooy (1427 punte en 89,1%) Schalk van Niekerk (1412 punte en 88,2%) Rikus de Kock (1392 punte en 87%) Marnu Duvenhage (1333 punte en 83%) Louisa de Beer(1324 punte en 82,7%) Marné Coetzee (1313 punte en 82,0%)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button