Sport

Letaba kry groot pak

LETABA Rugbyklub se eerste span het Saterdag op Peter Mokaba stadium in Polokwane in 'n voorwedstryd vir die Limpopo Blou Bulle en Luiperds afgeskop met 10-man rugby.

Voor ‘n dol leë stadium het die spelers pragtige hardloop rugby gespeel en daarna het hulle luidkeels die Limpopo Blou Bulle ondersteun. Letaba het ‘n gekombineerde span van Pietersburg Dorp en Noordelikes 19-0 geklop en toe moes hulle skielik direk daarna teen Phalaborwa speel vir slegs 10 minute. Die toernooi het laat begin en moes alles ingedruk word, aangesien die Limpopo Blou Bulle 15:00 moes afskop en was daar nie genoeg tyd vir die res van die program nie en om Phalaborwa tegemoet te kom om hulle spelers ook die voorreg te gee om op die nuwe stadium te speel, het Letaba ingestem om ook teen hulle te speel. Letaba was ‘n bietjie lam in die knieë vir twee wedstryde direk na mekaar en het hulle gelykop 12-12 teen Phalaborwa gespeel. Nieteenstaande die powere organisasie, die skeidsregters en noodhulp was laat en die skeidsregters was nie vertroud met die 10-man kode se reëls nie, was al die spelers dit eens dat 10-man rugby opwindend, vars en uiters genotvol is en sien hulle uit na die volgende toernooie wat hopelik beter georganiseerd sal wees. Puntemakers vir Letaba op die dag was: Derik Steyn, Eben Fichardt, Ruan Roets, Deano Kruger en JP Schwarz.
Die volgende 10-man toernooi vind plaas op 29 Maart, waar Letaba met twee spanne gaan deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button