Sport

Pumbas troef Nelspruit in nuwe truie

Die Bosveld Pumbas se eersterugbyspan het Saterdag die eerste rondte van die Ehlanzeni Laeveld-premierliga op 'n hoë noot afgeskop.

Die Pumbas het ‘n 33-24 wen op die kerfstok aangeteken teen hulle eweknieë van Nelspruit-rugbyklub en het vyf keer agter die manne van Nelspruit se doellyn gaan kuier.

Jason Roux het ‘n tweekuns aangeteken.

Rudie von Abo en Marcell Basson het ook elkeen ‘n drie gedruk. Losskakel, Erich Ackermann het self ook ‘n drie gedruk en vier van die vyf drieë verdoel om ‘n totaal van 13 punte aan te teken.

Die Pumbas se tweedespan het egter klei getrap en 33-0 verloor teen die tweedespan van Nelspruitrugbyklub.

Voorsitter van die Bosveld Pumbas-rugbyklub, Romeo Jones is ook trots om die span se nuwe borge, Hollywood Bets en NTT Toyota Hoedspruit aan te kondig.

“Ons bedank graag vir Dean Kemp van NTT Toyota en Khanyisa Mkhari van Hollywood Bets vir hulle ondersteuning,” sê Jones.

Also read: Letaba gryp 13-12 oorwinning

Hulle het Saterdag op die veld gedraf in hulle nuut geborgde truie. Spelers wat belangstel om by die Bosveld Pumbas aan te sluit, kan Jones op 083 439 2466 skakel vir meer inligting.

Die Pumbas se eerste- en tweedespan sal Saterdag, 14 Mei in wegwedstryde teen Witrivierrugbyklub in die tweede rondte van die premierliga te staan kom. Die tweedespan speel om 14:00 en eerstespan se wedstryd skop om 15:30 af.

Daarna sal die Pumbas weer op 28 Mei op hulle tuisveld die manne van Barberton-rugbyklub verwelkom in Hoedspruit vir die derde been van die premierliga se wedstryde. Ehlanzeni Laeveld Premierligaskedule 2022:
• 14 Mei – Witrivier vs Pumbas – Nelspruit vs Barberton.
• 28 Mei – Nelspruit vs Witrivier – Pumbas vs Barberton (tuis).
• 4 Junie – Witrivier vs Barberton – Nelspruit vs Pumbas.
• 11 Junie – Pumbas vs Witrivier (tuis) – Barberton vs Nelspruit.
• 18 Junie – Barberton vs Pumbas.
• 25 Junie – Witrivier vs Nelspruit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button