Sport

Vossies bring rugbylegendes na Tzaneen

Hoërskool Ben Vorster het die afgelope naweek gesorg dat ses van Suid-Afrika se rugbylegendes op die golfbaan en die rugbyveld skouers skuur met oud en jonk.

Wynand Olivier, Mac Masinga, Grant Esterhuizen, Henno Ments, Ettiene Reynecke en Dave von Hoeslin het Vrydag tyd saam met Tzaneen se gholfspelers spandeer by die Tzaneen Buiteklub.
Liano Viviers en Cornell Jacobs het weggestap met die eersteprys en ‘n Srixon gholfsak en ‘n Miami Canners-geskenkpak gewen. Jeandré Louw en Juan Winter het tweedeprys gevat en ‘n Srixon-toksak en Miami Canners-geskenkpak huis toe gevat.

lees ook: Plasie-rugby wys hulle staal in Landbouskole-toernooi

Derdeprys het aan Bruce Mogg en Cronjé van Staden gegaan. Hulle wen ook ‘n Miami Canners-geskenkpak en ‘n drukkoker.
Saterdagoggend het die SA Rugby Legendes ‘n rugbykliniek aangebied vir o.12- en o.13-rugbyspelers op Hoërskool Ben Vorster se rugbyvelde. Jong spelers van laerskole in Tzaneen en die omliggende areas, asook Polokwane, Makhado en Hoedspruit het by dié kenners die grondbeginsels van goeie rugby geleer.

Oud-Springbok-sewesspeler en afrigter by die Universiteit van Johannesburg, Masinga het die kliniek gelei.
Masinga het klem gelê op goeie besluitneming gedurende ‘n wedstryd soos hoe om onder druk die bal te vang en aan te gee. Die legendes het ook die jongspan geleer om hulle duik-tegnieke te verbeter.
Die kliniek is afgesluit met ‘n kort wedstryd en ‘n speletjie om die beginsels in te oefen waarna hulle saam ‘n hamburgerete geniet het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button