Letaba rugbyklub se Ou-Manne en Jongmanne sal Saterdag in aksie wees by Hoërskool Ben Vorster se A-Veld in 'n vertoonwedstryd. Die wedstryd begin om 13:00.
Dié jarelange tradisie waar die spelers onder 25-jarige ouderdom die manne oor 25-jarige ouderdom mekaar die stryd aansê is vanjaar deel van Vossie Fest vieringe. Trotse borge, Henry de Beer van NTT Toyota Tzaneen, Bennie Kruger van Agrico, Theo Maree van Sable & Bull en Luan Labuschagne van Fruit Trade International het op 25 Augustus die Ou-Manne se truie oorhandig by Letaba rugbyklub se velde.
Letaba rugbyklub se Ou-Manne sal Saterdag teen die Jongmanne in aksie wees. Van links is Bennie Kruger van Agrico, Henry de Beer van NTT Toyota Tzaneen, Luan Labuschagne van Fruit Trade international, Gawie du Plessis en Carel O’Neill toe die Ou-Manne se truie Donderdagaand oorhandig is.
“Ons bedank ons borge vir hulle ondersteuning en sien baie uit na Saterdag,” sê Carel O’Neill, kaptein van die Ou-Manne se span.
Die Letaba Ou-Manne sal in dié wit en groen truie uitdraf en Letaba se Jongmanne sal in die tradisionele truie speel.
Moet dit nie misloop nie en skakel Carel O’Neill op 079 693 2292 of Bennie Kruger op 083 635 1731 vir meer inligting.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.