Sport

Letaba Ou-Manne gee Jongmanne pakslae

Letaba Rugbyklub se Ou-Manne het Saterdag ‘n vertoonwedstryd teen Letaba se Jongmanne gewen.

Die wedstryd was deel van die verrigtinge by vanjaar se Vossiefees-vieringe en het op Hoërskool Ben Vorster se A-Veld afgeskop.
Die Ou-Manne het vinnig punte aangeteken en teen halftyd het die Jongmanne ‘n twintigpunt agterstand gejaag.

In die tweede helfte maak die Jongmanne egter die punteverskil op en teen die tyd wat die eindfluitjie geblaas is het die Ou-Manne die stryd met 31-26 beklink.
Vir die Ou-Manne het Luan Labuschagne, Bennie Kruger, Willem Snyman, Picasso Coetzer en Christo Lombard elkeen ‘n drie gedruk en Giepie Labuschagne het die drieë verdoel.

Also read: Letaba Rugby Club is more than a sports club

Du Toit Hartzenberg, Zian van den Heever, Edrich Ackerman en WB Grobler het elkeen vir die Jongmanne agter die doellyn gaan kuier.
Tradisioneel is die stryd tussen die Ou-Manne (oud-Letaba-rugbyspelers ouer as 25 jaar) en Jongmanne (Letaba-rugbyspelers onder 25 jaar) die laaste wedstryd wat deur Letaba Rugbyklub aangebied word voor die klub se algemene jaarvergadering.

“Daar was ‘n paar spelers met stywe spiere Sondag, maar dit is ‘n goeie manier om die spel te bevorder en tradisioneel is hierdie ons afsluitingswedstryd vir die jaar. Ons oorweeg dit om nog so ‘n wedstryd aan te bied,” vertel Bennie Kruger, voorsitter van die klub.
Vir meer inligting en om deel te word van Letaba Rugbyklub skakel Bennie Kruger op 083 635 1731.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button