Sport

Zhang en Kruger tops by Top Tien-gala

Twee van Tzaneen se beste swemmers, Marnus Kruger en Jenny Zhang het skoonskip gemaak in hul ouderdomsgroepe by die Top Tien-skolegala wat Saterdag in Tzaneen plaasgevind het.

Zhang is as die junior Victrix Ludorum aangewys en verdien die meeste Hy-Tek punte van al die meisies by die gala vir haar goeie prestasie in die 200m-individuele wisselslag item. Sy teken 110 punte aan vir haar skool.
Zhang, ‘n graad 10-leerder by Stanford Lake College het vyf goue medaljes ingepalm en twee rekords verbeter.

Sy vat eersteplek in die 200m-individuele wisselslag (dogters 16 tot 18 jaar), die 50m-rugslag, en 50m-vlinderslag. Zhang verbeter die 100m-vlinderslagrekord van 1:18,73 (2018, Lané Prinsloo) na 1:12,89 en verbeter die 100m-rugslagrekord van 1:19,92 (2018, Anika Schmidt) na 1:12,96.
Kruger van Hoërskool Ben Vorster vat goue medaljes in die 200m-individuele wisselslag, 50m-rugslag, 100m-vlinderslag, 50m-vlinderslag, 100m-rugslag.

Jenny Zhang van Stanford Lake College en Adelia Schonken van Merensky Landbou Akademie in aksie. Zhang wen vyf goue medaljes en verbeter twee rekords.

Also read: Swemmers presteer by top tien-skoleswemgala

Hy teken 100 punte aan vir sy skool.
Hy ontvang ook ‘n goue medalje saam met sy mede-Vossie-aflosspanmaats, Aldo Blignaut, Luan Lategan en Wikus Joubert in die 200m-vryslagaflos (seuns 17 tot 19 jaar).
Merensky Landbou Akademie se dogters aflosspan (15 jaar), Mi-né Verster, Mignon Smit, Jané Auret en Cianke Louw wen goue medaljes in die 200m-vryslag item.

Die Plasies se 16-jarige dogtersaflosspan, Larike Joubert, Adelia Schonken, Jayden Jurgens en Keira Booth wen twee goue medaljes in die 200m-vryslag item en 200m-wisselslag item. Booth wen ook goud in die 50m-vlinderslag, 50m-vrysslag en 100m-borsslag.
Die Vossies se 16-jarige seunsaflosspan Amaris Nortje, Joszua Joubert, Jason Loucao en Damian Bye wen goue medaljes in die 200m-wisselslag en die 200m-vryslag aflositems.

Joszua Joubert swem vlinderslag by die Top Tien-skolegala.

Joszua Joubert (16) wen ook goue medaljes in die 50m-borsslag, 100m-borsslag en 50m-vryslag. Loucao wen goue medaljes in die 100m-rugslag en 50m-rugslag.
Elné Haynes (15) vat goud vir die Vossies in die 50m-rugslag en in die 100m-rugslag.
Carmen Veldsman van Stanford Lake College vat ‘n goue medalje in die 50m-borsslag in die 13 tot 14 jarige ouderdomsgroep.

Yvonne Botha van Hoërskool Ben Vorster in aksie.

Larike Joubert (16) vat goue medaljes in die 50m-borsslag en 100m-vrysslag vir die Plasies. Mede-Plasie-swemmer, Donia Smit vat ook twee goue medaljes in die 50m-borsslag en 100m-vrysslag in die 17- tot 18-jarige ouderdomsgroep. Simoné Schonken wen ‘n goue medale in die 100m-borsslag vir die Plasies.

Simoné Schonken in aksie vir Merensky Landbou Akademie.

Die swemspan van Hoërskool Ben Viljoen vat eersteplek met 1 776 punte, die Vossies se swemspan vat tweedeplek met 1 508 punte.
Besoek www.letabaherald.co.za vir meer aksiefotos, podiumfotos en volledige uitslae.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button