Sport

Letaba veg terug in tweede helfte

Die manne van Letabarugbyklub het Saterdag in vriendskaplike wedstryde kragte gemeet teen Kruinies by die departement van sport, kuns en kultuur se Mapungubwe-rugbydag.

‘n Paar spelers van Phalaborwa het vir Letaba uitgedraf by dié dag wat in Polokwane by HTS Tom Naudé aangebied is. Letaba se eerste span het gesukkel om hulle ritme te vind in die eerste helfte met Kruinies wat 23-0 voorgeloop het.

Die span het egter in die tweede helfte teruggeveg en het 21 punte op die telbord gesit sonder om punte af te staan. Theo Mare, John Moape en Jaco Massyn het elkeen ‘n drie gedruk en Giepie Labuschagne het met twee strafskoppe geslaag.

Lees ook: Tzaneeners gekies vir Limpopo-veerpyltjiespan

Kruinies wen die wedstryd 23-21. Die tweede span moes ook die knie buig teen Kruinies met 19-5 as eindtelling. Justin Brass het vir die tweedes ‘n drie gedruk. Letaba se eerste span sal weer die naweek in aksie wees in vriendskaplike wedstryde by Noordelikes-rugbyklub se Henso Coetzee-rugbydag.

Hulle sal Saterdagaand om 18:00 speel. Om saam met Letabarugbyklub te oefen of vir meer besonderhede skakel die klub se voorsitter, Bennie Kruger by 083 635 1731, Dippies de Beer by 078 538 3508 of Carel O’Neill by 079 693 2292.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button