Sport

Letaba gereed vir liga: Letaba kuier sewe keer agter die doellyn teen Musina

Letaba-rugbyklub se eerste span het die naweek koning gekraai in hulle laaste vriendskaplike wedstryd voor die liga hierdie Saterdag afskop.

Die manne van Letaba het Saterdag teen Musina gespeel by Louis Trichardtrugbyklub se Conway-rugbydag. Dit as ‘n eensydige affêre met Letaba wat sewe keer agter die doellyn gaan kuier het. Raymond Woest, Rudi Grobler en Eben Fichardt druk elkeen ‘n drie. Losskakel, Wynand van Niekerk druk twee drieë en slaag met vier doelskoppe.

Haker, Dillen Gouws druk ook twee drieë en word as die speler van die wedstryd aangewys. “Ons moet ook melding maak van die hele pak voorspelers wat ‘n uitstekende wedstryd gespeel het,” sê Dippies de Beer van Letabarugbyklub.

Lees ook: Twee spanne van Letaba die naweek in aksie

Die eerste span het gesorg dat wen ‘n gewoonte word na hulle twee weke gelede ook met Musina se eerste span in ‘n vriendskaplike wegwedstryd afgereken het. Die liga skop die naweek af met wegwedstryde teen Potties Saterdag, en tuiswedstryde teen Noordelikes op 20 April. Die klub nooi graag die dorp se rugbyspelers uit om twee keer per week saam met hulle te oefen.

Oefeninge vind Maandae en Woensdae om 18:30 plaas by Letaba-rugbyklub se veld. Om by hulle aan te sluit, of vir meer besonderhede, skakel die klub se voorsitter, Bennie Kruger by 083 635 1731, Dippies de Beer by 078 538 3508 of Carel O’Neill by 079 693 2292.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button