School sportSport

Twee spanne van Letaba die naweek in aksie

Twee spanne van Letaba Rugbyklub sal Saterdag uitdraf vir vriendskaplike wedstryde by Louis Trichardt Rugbyklub se gewilde Conway rugbydag.

Die tweede rugbyspan sal om 12:00 teen Louis Trichardt se derdes in aksie wees in hulle laaste vriendskaplike wedstryde voor die liga afskop.

Die eerste rugbyspan sal om 16:00 teen Musina se eerstes speel. Letaba se manne het twee weke gelede goed gevaar om die span van Musina te klop in ‘n vriendskaplike wedstryd op Musina. Die eindtelling in die stryd was 25-19 in Letaba se guns.

Lees ook: Letaba se eerstes wen Musina wegwedstryd

Die naweek sal die eerstes poog om wen ‘n gewoonte te maak. Die liga skop af met wegwedstryde vir beide spanne teen Potties volgende naweek en tuiswedstryde volg die naweek daarna teen Noordelikes op 20 April.

Om saam met Letaba Rugbyklub te oefen of vir meer besonderhede, skakel die klub se voorsitter, Bennie Kruger by 083 635 1731, Dippies de Beer by 078 538 3508 of Carel O’Neill by 079 693 2292.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button