Sport

Letaba wen klipharde wedstryd teen Noordelikes

Letaba Rugbyklub se eerstespan het Saterdag ‘n bonuspunt-wen ingepalm in ‘n wegwedstryd teen Noordelikes Rugbyklub.

Dit was spanningsvolle en aksiebelaaide wedstryd gewees met die spankaptein, Picasso Coetzer wat weer ‘n goeie wedstryd gespeel het. “Picasso lei die span ongelooflik goed. Carel, Rammies en Brad het ook uitgeblink Saterdag,” sê Dippies de Beer van die klub se afrigtingspan. Letaba het eerste die doellyn gevind en het vroeg in die wedstryd 5-0 voorgeloop.

Dit was egter ‘n heen-en-weer spel met Noordelikes wat kort daarna sewe punte aangeteken het en teen halftyd het Letaba 15-24 agter geloop. Vroeg in die tweede helfte is Du Toit Hartzenberg en ‘n speler van Noordelikes albei van die veld afgestuur met ‘n geelkaart en speel Letaba opvangrugby. Die manne van Tzaneen teken reg voor die eindfluitjie geblaas die wenpunte aan om met 34-32 te wen.

Lees ook: Klubrugby kraai koning op Letaba Park by James Tolmay-rugbydag

Brad Altona en Jean Pretorius druk elkeen ‘n drie terwyl Carel O’Neill en Nathan van den Heever elkeen twee keer agter Noordelikes se doellyn gaan kuier om vyf punte aan te teken. Giepie Labuschagne slaag met twee doelskoppe. Die tweedespan het hulle wedstryd 25-14 verloor. Bennie Kruger en Pierie van Wyk druk elkeen ‘n drie en Gideon Joubert slaag met twee doelskoppe.

Lees ook: Letaba Rugby Club is more than a sports club

“Dit was harde wedstryde en twee van ons eerstespelers, Theo Mare en Vehan Labuschagne moes van die veld af met liesbeserings. Ons sien egter uit na die tuiswedstryde wat op 20 Julie teen Messina Rugbyklub sal plaasvind hier op Tzaneen,” sê De Beer. Die klub nooi graag alle rugbyspelers in Tzaneen om saam met die klub te oefen.

“Daar is nog vyf wedstryde oor voor die halfeindstryde en ons nooi graag alle rugbyspelers om by ons aan te sluit,” sê De Beer. Skakel die klub se voorsitter, Bennie Kruger by 083 635 1731 of Dippies de Beer by 078 538 3508 vir meer besonderhede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button