Tzaneeners draf Kaapstad-paaie kaf
Vyf atlete van Tzaneen Maratonklub het Sondag die Sanlam Cape Town Maraton voltooi, na maande se oefening en voorbereiding.
TZANEEN – Tzaneen se langasems was die afgelope naweek by die Sanlam Cape Town Marathon in aksie.
“Dit was winderige toestande met die wegspring, maar die uitsigte en die ondersteuning by die maraton was ongelooflik. Dit het maande se oefening en voorbereiding geverg en ek is baie tevrede met die uitslae,” sê Nadia Claasen van Tzaneen Maratonklub.
Vyf atlete van die klub het die maraton Sondag voltooi. Thomas Arnoldus de Wet het onder drie ure klaargemaak met ‘n tyd van 02:59:56. Nadia Claasen, Shin Ben, Luanne de Wet en Loureen Phalane ook die wedren voltooi.

Chanté Pirie van Haenertsburg het ‘n tyd van 04:20:20 gehardloop.
Van Letaba Road Runners het Jamela Mushwana, Jabulani Ngobeni en Nkhensani Mashele die maraton voltooi.
Monique Smit Louw, Riaan Louw, Clarise Smit en Casper van Zijl het ook die maraton voltooi. Monique voltooi die wedloop in 03:23:53.
Die volgende Comrades-kwalifiseerder op die Limpopo-kalender is die Makgobaskloof Plunge wat op 16 November plaasvind. Die maraton spring in Haenertsburg weg en eindig op Letaba Park op Tzaneen. Daar is ook ‘n 21km-, 10km- en 5km-wedren wat plaasvind.
Vir inskrywings gaan na www.peaktiming.co.za.



