Local sportSport

Fransies laat ‘spat’ in die swembad

Die klubswemmers van Hoërskool Frans du Toit het die afgelope naweek aan die vierde ouderdomsgroepgala op Tzaneen deelgeneem en goed gevaar.

Divan Bothma palm derdeplekke in die 50m-vlinderslag, 200m-vryslag, 100m-vryslag in en vat vyfdeplek in die 50m-vryslag. Faanru Bothma vat eersteplek in die 50m-borsslag en 100m-borsslag en vat tweedeplekke in die 50m-vlinderslag en 100m-vlinderslag.

Tiaan Kruger vat drie eersteplekke in die 50m-borsslag, 50m-rugslag en 50m-vlinderslag. Hy vat ook tweedeplekke in die 50m-vryslag en 200m-vryslag. Danielle Le Roux vat eersteplek in die 200m-individuele wisselslag en derdeplekke in die 200m-rugslag en 50m-borsslag.

Lees ook: Fransies welcomes new headmaster

Ulf Paetzold vat twee tweedeplekke in die 100m-borsslag en 50m-borsslag en vat derdeplek in die 200m-individuele wisselslag en vyfdeplek in die 200m-vryslag. Ettiene Tröger vat eersteplekke in die 50m-rugslag en 200m-vryslag.

Hy vat ook tweedeplekke in die 200m-rugslag en 100m-rugslag. Marilee Coetzee palm drie eersteplekke in die 200m-borsslag, 50m-vryslag en 100m-vlinderslag in. Sy vat ook derdeplek in die 200m-vryslag en 50m-vlinderslag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button