Local sportSport

Shamu swemmers vaar goed by Limpopo-gala

Die Limpoposwemkampioenskappe het op 4 en 5 Desember by die munisipale swembad op Tzaneen plaasgevind met Shamu-swemklub se swemmers wat talle medaljes ingepalm het.

Wessel Joubert vat eerste plekke in die 50m-, 100men 200m-vryslag en in die 50m-vlinderslag. Hy vat tweede plek in die 100m- en 200m-rugslag en derde plek in die 100m-vlinderslag en 50m-rugslag. Lleyti Lira is eerste in die 50m-borsslag, 50m- en 100m-vryslag, 50m- en 100m-vlinderslag Hy is ook tweede in die 50m- en 100m-rugslag. Ella Janse van Rensburg is eerste in die 50m-, 100m- en 200m-borsslag, 50m-, 100m- en 200m-rugslag, 100m-vryslag.

Sy is tweede in die 50m- en 200m-vryslag. Jacques Liebenberg vat eerste plek in die 100m- en 50m-vryslag. Liebenberg is ook tweede in die 200m-vryslag en vat derde plek in die 200m-wisseslag. Mia de Lange vat eerste plek in die 200m-vryslag en derde plek in die 50m-vryslag. Joshua Bekker is eerste in die 200m- en 100m-vryslag, 100m-rugslag, 100m-vlinderslag, 200m-wisselslag, 50m- en 200m-rugslag. Bekker is ook tweede in die 50m-vlinderslag en 50m-vryslag en vat derde plek in die 400m-vryslag.

Lees ook: BJV se beste skuts wen trofeë

Inge du Plessis vat eerste plek in die 50m- en 100m-vryslag. Sy is tweede in die 100m-vryslag, 50m-rugslag en 200m-wisselslag en is derde in die 200m-vryslag, 50m-borsslag en 50m-vlinderslag. Mari Bruwer is eerste in die 50m- en 100m-vryslag, 50m-rugslag en 50m-vlinderslag. Sy vat ook tweede plekke in die 200m-vryslag, 50m- en 200m-borsslag en 100m-vlinderslag. Dario Wasley is eerste in die 50m-, 500m- en 100m-borsslag. Ettiene Troger is eerste in die 50m- en 100m-rugslag, 50m- en 100m-vlinderslag, 200m-wisselslag. Hy is tweede in die 50m-borsslag, 50m- en 100m-vryslag.

Righardt Vorster is eerste in die 50m-rugslag, tweede in die 200m-rugslag en 50m-vlinderslag en hy is derde in die 100m-rugslag. Marny du Plessis is eerste in die 50m-vryslag en 100m-vlinderslag. Sy is tweede in die 50m-borsslag en 200m-wisselslag en is derde in die 100m-rugslag. Lize de Wet is eerste in die 200m-borsslag en derde in die 50m-vlinderslag.

Also read: Roode draf 100-myl kaf

Mignon Smit, Gaby Loucao, Yvonne Botha, MJ Pohl, Luhann Joubert, Jany Norval, Tiaan Lingenfelder, Ulrich Goosen, Christaan van Vuuren, Jason Loucao, Simeon Bekeer, Matthew Wiltshire, George Taylor, Weirich Vorster, Zoë Schmidt, Donia Smit, Liandri Terblanche, Ruben Troger, Charl Norval, Theunis Botha, Alri Venter, Jamie Venter, Milan Botha, Ruan HanazeckKruger en Kaileigh Henning het ook podiumplekke los geswem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button