Local sport

Baarshengelaar wys hulle slag

Altesaam 29 hengelaars het 72 grootbek- en kleinbekbaars by die kompetisie uitgetrek.

Phalaborwa se baarshengelaars het onlangs teen hengelaars van regoor Limpopo op die Ebenezerdam in Magoebaskloof gekompeteer tydens die Northern Small Craft-liga (NSCL) se sewende kompetisie vir die seisoen. “Dit was koel en winderige toestande in die oggend, maar later het die wind gaan lê en was dit nogal warm op die water,” sê Derick de Bruyn, organiseerder van die NSCL.

Adriaan Joubert het die grootste grootbekbaars uitgetrek. Lourens Mathyssen, NSCL komiteelid oorhandig die prys.

Adriaan Joubert het die grootste vis, 41.5cm, vir die dag uitgetrek. Jacques Louw het die kompetisie gewen met ‘n sak van vyf visse wat altesaam 168.5cm lank was. Hy het twee visse gevang in die laaste paar minute van die kompetisie. Ryan Wiggington was in die tweede plek met 162.5cm en Derick de Bruyn in die derde plek met 160.45cm.

Lees ook: Vis loop mooi tydens Ebenezer-toernooi

Johan Bezuidenhout, Adriaan Joubert, Marnus Steyn en Wentzel Geldenhuys het ook die top 10 gehaal en het elk vyf visse uitgetrek, afgeneem en op die Keepnetslimfoontoepassing ingedien en vrygelaat. Junior hengelaar, Tian Erwee is in die agtste plek en het vier visse uitgetrek wat 115.5cm lank was. Henko Austin, ‘n hengelaar wat ook die dag se aksie vasgevang he vir sy YouTube-kanaal, Feel Good Fishing met Henko, is in die negende plek met ‘n sak met vier visse van 111cm.

Flippie Smith, wat ‘n hele paar kompetisies vroeër in die seisoen gewen het, was in die 10de plek. Hy vang drie visse wat 98.5cm lank was. AJ Victor het die grootste kleinbekbaars, 35cm lank, uitgetrek. ‘n Handvol hengelaars moes tevrede wees met net een vis op die bord en sommige kon nie daarin slaag om ‘n vis te vang nie.

Lees ook: Hengelaars kan dié datums op hul visvangkalender aanbring

Wat sake interessant maak is dat die volgende en laaste kompetisie van die seisoen weer op die Ebenezerdam sal plaasvind, maar dat die hengelaars die keer ‘n tweedagtydperk het om vyf visse in te dien vir die kompetisie. Jake McKee van Grietjie is tans in die eerste plek op die NSCL ranglys met 571 punte met De Bruyn en Smith wat albei op sy hakke is met 564 punte.

In Oktober skop die nuwe hengelseisoen af en enigeen wat belangstel om vir volgende jaar se liga in te skryf, kan met De Bruyn skakel by 083 605 5612 vir meer besonderhede. NSCL-ranglys na sewende rondtes: 1. Jake McKee (571) 2. Derick de Bruyn (564) 3. Flippie Smith (564) 4. Adriaan Joubert (560) 5. Lourens Mathyssen (560) 6. Clinton Ferreira (555) 7. Logan van Zyl (555) 8. Jacques Louw (550) 9. Marnus Steyn (547) 10. Johan Bezuidenhout (545)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button