Local sport

Groot makietie by Mooketsi MTB die naweek

Bergfietsryers en feesgangers kan uitsien na ‘n groot makietie in die Koedoesvallei met die Mooketsibergfietsuitdaging wat hierdie Saterdag plaasvind.

Die dag se wedrenne sluit 70km-, 50km-, 35km- en 15km-afstande in wat van 07:00 tot 07:45 sal wegspring. Fietsryers kan hul vaardighede op die fiets oor ‘n 214m-brug oor ‘n dam toets en ook asemrowende uitsigte van die natuurskoon in die Koedoesvallei geniet. Vanjaar is daar ook ‘n 5kmpretdraf om 08:05 vir diegene wat nie fietsry nie.

Die dag beloof om pret vir die hele familie te wees met ‘n kindervermaakarea, swembad, koelte, kos- en drankstalletjies by Keerom Lodge, voorheen bekend as APC-kamp. Daar word ook ‘n fondsinsameling gehou ten bate van Tamatieland-kleuterskool met ‘n potjiekoskompetisie.

Lees ook: ZZ2 Mooketsi MTB in pictures

Die seremoniemeester is Matie van Graan en ‘n boeredans of sokkie word vir die aand beplan. Die bergfietswedrenne is Limpopo-kwalifiseerders en is deur Cycling SA onderskryf.

Gaan na www.mooketsimtb. co.za om in te skryf of skakel Joanell by 015 395 8548 of info@mooketsimtb.co.za vir meer besonderhede. Skakel Chantelle by 084 398 5963 vir stalletjies, die boeredans en die potjiekoskompetisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button