Local sport

Yvonne na VSA met beurs

Yvonne Botha, ‘n bobaas-swemmer van Tzaneen en oudleerder van Hoërskool Ben Vorster, het verlede Dinsdag in Amerika aangekom waar sy vir ‘n kollege gaan swem.

Botha, wat by Shamu Swimming en by Johan Grobbelaar swemafrigting ontvang het, gaan by Hillside College in Michigan studeer om ‘n swemloopbaan na te jaag. “Yvonne is een van ‘n handjievol Shamu-swemmers wat deur harde werk met die hulp van professionele afrigting dit reg gekry het om ‘n beurs in die VSA los te swem.

Sheila Grobbelaar.

“Ons wens haar baie geluk met die prestasie en baie sterkte met die skuif na die VSA toe,” sê Grobbelaar. Haar swemuitslae is indrukwekkend. Sy was die kaptein van Hoërskool Ben Vorster se swemspan in 2023. In 2022 was sy die kaptein van die Shamuswemklubspan.

Lees ook: Manne trek grotes uit op Ebenezerdam

Sy het vanjaar ‘n nuwe rekor in die 50m-rugslag (34.14) daargestel asook in die 50m-vryslag (30.32). Sy het ook eerste plek beaal in die 100m-rugslag by die by die SA vlakdrieouderdomskampioenskap.

Sy was verlede jaar die Vossies se senior victrix ludorum en het die rekords by die Limpopo Southern Sprint-gala laat spat. Sy het ook in atletiek uitgeblink en het Limpopo vir drie jaar in tweekamp verteenwoordig. Sy gaan sake- en finansiële bestuur studeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button