Local sport

Manne trek grotes uit op Ebenezerdam

Dit was 'n heerlike dag by die Ebenezerdam waar hengelaars meegeding het vir die grootste vis wat gevang moes word.

Baarshengelaars van Tzaneen en regoor Limpopo het verlede naweek op die Ebenezerdam in Magoebaskloof gekompeteer tydens die Northern Small Craft-liga (NSCL) se laaste kompetisie van die seisoen. “Die Ebenezerdam is ons enigste plek waar ons vir grootbekbaars en kleinbekbaars kan hengel in Limpopo. D

it is altyd opwindend om ‘n paar van daardie ontduikende kleinbekbaars in te trek. By dié kompetisie het party hengelaars ‘n vol sak van vyf kleinbekbaars gevang, wat ‘n merkwaardige prestasie is by die Ebenezerdam,” sê Derick de Bruyn, organiseerder van die NSCL. Van die 22 hengelaars wat deelgeneem het, het elf ‘n vol limiet van vyf visse gevang. Die hengelaars het altesaam 73 visse uitgetrek. “

Lees ook: Vis loop mooi tydens Ebenezer-toernooi

Die lengtes was naby aan mekaar en die hengelaars het baie vis gevang by die kompetisie, maar dit het ‘n paar van die groter visse gevat om ‘n plek in die top drie te kry,” sê De Bruyn. De Bruyn is die wenner van die kompetisie met ‘n sak van vyf visse wat 182.5cm lank is. Ryan Wigginton is in die tweede plek met 179.5cm en Zeandré Outram is in die derde plek met 166cm. O

utram het beide pryse gewen vir die grootste vis en die kleinste vis van die kompetisie terwyl Leon Grobler die prys vir die grootste kleinbekbaars gewen het. Die NSCL hou hulle seisoen se prysuitdeling en ontspanningskompetisie by Klaseriedam buite Hoedspruit op 7 September en almal is welkom om die dag en aand saam met hulle te kom geniet.

Lees ook: Hengelaars kan dié datums op hul visvangkalender aanbring

Inskrywings kos R230 per hengelaar en die kompetisie begin om 06:00. Die prysuitdeling begin om 17:00. Die NSCL bied maandelikse kompetisies vir hengelaars wat gebruik maak van ‘n kayak of klein boot. Skakel Derick de Bruyn op 083 605 5612 vir inskrywings en meer besonderhede en gaan kyk na Henko Austin se videos op sy YouTube-kanaal om meer van die NSCL te leer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button