School sportSport

Vossie krieket goed op dreef

Die Hoërskool Ben Vorster se 2de krieketspan het teen die Hoërskool Frans du Toit se 1ste krieketspan gespeel en die wedstryd met 4 paaltjies gewen op 16 September.

DIE Hoërskool Ben Vorster se 2de krieketspan het teen die Hoërskool Frans du Toit se 1ste krieketspan gespeel en die wedstryd met 4 paaltjies gewen op 16 September.

Henkus Steenkamp het uitgeblink as bouler met 5 paaltjies. Roedolf Botes het 36 lopies aangeteken.

Die O/15B-span het op hulle beurt die Hoërskool Frans du Toit se O/15A-krieketspan met 8 paaltjies gewen en het sodoende deurgedring na die Limpopo semi-finale. Die Vossies het die loot gewen en besluit om eerste veldwerk te doen. Deur goeie boulwerk het hulle die Hoërskool Frans du Toit beperk tot 124/9 na 30 beurte.

Die Vossies het swak begin en twee vinnige paaltjies verloor, maar het goed herstel en 127/2 behaal na die veertiende beurt. Die wedstryd teen die Hoërskool Hans Strijdom sal plaasvind op Donderdag, 25 September, op die velde van die Hoërskool Ben Vorster.

Op Woensdag, 16 September, het die 2de span in hulle laaste ligaverpligting vir Nkowankowa met 35 lopies getroef.

Die Hoërskool Ben Vorster het eerste gekolf en het 153 lopies, almal uit, aangeteken in hulle toegelate 20 boulbeurte. Roedolf Botes (met 37 lopies) en Caelon Retief (met 35 lopies) het die meeste lopies met die kolf bygedra. Nkowankowa is vir 118 uitgeboul.

Op Donderdag, 18 September, het die Black Cap” 1ste krieketspan van die Vossies ‘n vervroegde wedstryd van 35 boulbeurte teen Stanford Lake College gespeel.

Ben Vorster het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.

Hulle het 285 lopies aangeteken vir die verlies van 5 paaltjies.

Kolwers wat uitgeblink het, was Girvacques de Jager met 117 lopies, Regardt Heiberg met 54 lopies en Christiaan Mkansi met 36 lopies.

Stanford is uitgeboul vir 161 lopies in die 30ste boulbeurt. Don Radebe het 4 paaltjies geneem. Die “Black Caps” het met 124 lopies gewen.

Die O/15A-span het op hulle beurt ‘n 30 boulbeurtwedstryd gespeel wat hulle met 128 lopies gewen het. Die “Red Cap” O/15A-span het ook eerste gekolf en 218 lopies aangeteken vir die verlies van 5 paaltjies. Franco Oberholzer, (met 54 lopies), Tristan du Preez (met 51 lopies) en Roehan Steenkamp (met 45 lopies) het vir die kolfspan uitgeblink.

Stanford is tot 90 lopies, almal uit, beperk, danksy goeie boulwerk deur Hayden Butler en Kobus Jansen van Rensburg, wat elkeen 3 paaltjies geneem het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button