School sportSport

Vossies se hokkiespan vierde in Noordvaal

Drie van die Hoërskool Ben Vorster se meisieshokkiespanne het na die Noordvaal kampioenskap deurgedring, wat vanaf 28 tot 30 Julie plaasgevind het.

Die O/16A-span het tot die semi-finaal deurgedring en die O/14A- en eerstespan het in die kwart-eindronde gespeel.

Die O/16A-span was in die sterkste afdeling ingedeel waar hulle teen die ander provinsies se ligawenners moes speel.

Hulle wedstryde is by die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus gespeel.

Dag een se eerste wedstryd was teen die Hoër Volkskool. Die telling daar was gelykop 1 elk.

Die volkies het, nadat die tyd reeds verstreke was, ‘n doel aangeteken van ‘n korthoekie aangeteken.

In hulle tweede wedstryd, teen Hoërskool Kriel, het die Vossies ‘n uitstekende wedstryd gehad en danksy goeie samespel het hulle die wedstryd 3-0 gewen.

Op dag twee het die Vossies vir die eerste keer dié jaar teen die Limpopo ligawenners, Hoërskool Ben Viljoen, gespeel en ‘n fenominale wedstryd gehad, wat gelykop 1 elk geëindig het.

So het die Vossies bo in hul poel geëindig en moes hulle dieselfde dag teen die wenner van die C-afdeling, Hoërskool Sweizer-Reneke, uitspeel.

Dié wedstryd het geëindig met die “8 seconds shootout” waar elke span 4 doele aangeteken het en die wedstryd oorgegaan het in ‘n “sudden death”.

Die Vossies het as oorwinnaars uit die stryd getree met ‘n telling van 7-6 en het so deur gedring na die semi-finaal.

In hulle semi-finaal teen Klerksdorp Hoërskool word drie spanlede so erg beseer dat hulle nie verder kon speel nie. Die Vossies het die wedstryd ongelukkig 0-2 verloor.

Die O/16A-span het daarna teen Hoërskool hans Strijdom uigespeel vir die 3de en 4de plekke. Die Vossies het die wedstryd 0-1 verloor om algeheel vierde te eindig.

Die O/14-span se wedstryde is in Krugersdorp gespeel. Hulle verloof 0-1 in die kwartfinaal teen Klerksdorp Hoërskool. Die uitslae vir hulle uitspeelwedstryde was 2-0 teen Hoërskool Oosterlig, 6-1 teen Hoërskool Kanonkop en gelykop 2 elk teen Hoërskool Piet Potgieter.

Die 1ste span was loshande die wenners van hul afdeling tydens die Noordvaal toernooi in Potchefstroom.

Die Vossies het briljante hokkie opgedis teen die spanne van Overvaal Hoërskool, Vereeniging Gimnasium en Hoërskool Stoffberg.

Die Vossies het 11 doele in totaal aangeteken en slegs 1 doel afgestaan.

In die kwartfinaal was die oomblik egter vir hulle te groot en het hulle 1-2 teen Hoërskool Kanonkop van Middelburg verloor. Ben Vorster eindig vyfde uit agt Hoërskole.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button