Span wen met 300 lopies
Die Hoërskool Ben Vorster se tweede krieketspan het hulle eerste twee liga-wedstryde albei oortuigend gewen.
Hulle het die afgelope naweek ‘n groot sege behaal deur die span van die Hoërskool Merensky met 300 lopies te wen.
Die Vossies het eerste gekolf en ‘n reuse totaal van 383/7 in 50 boulbeurte aangeteken.
Johan Harms, met 108 van 83 balle, Ruan Steenkamp 107 van 122 balle en Hayden Butler 61 nie uit nie van 58 balle, het uitstekend met die kolf gevaar.
Hoërskool Merensky was nie opgewasse teen die akkurate boulwerk van die Vossies nie en het slegs 83 lopies aangeteken.
Tristin du Preez was die Vossies se beste bouler, het 6 paaltjies vir slegs 9 lopies in 7 boulbeurte geneem.
Die tweedespan het hulle eerste liga wedstryd teen die Hoërskool Eric Louw met 54 lopies gewen.
Die Vossies het eerste gekolf en danksy die vernietigende kolfbeurt van Frans Pohl, wat 106 lopies van slegs 35 balle aangeteken het, slaag die Vossies om 218 lopies in 25 boulbeurte aan te teken.
Eric Louw was almal uit vir 164 lopiesVernon Harms was die beste bouler vir die Vossies.
Hy het 5 paaltjies vir slegs 17 lopies in 7 boulbeurte gevat.Die Hoërskool Ben Vorster se O/18 meisies krieketspan het op 24 Augustus teen Giyani gespeel en met een paaltjie verloor.
Hierdie jong span het vir ‘n naelbyt wedstryd gesorg deur hulle 94 lopies met brijlante veldwerk en goeie boulwerk te verdedig.
Hulle kon egter net-net nie die Giyani se negende paaltjie betyds laat val nie en moes die onderspit delf.



