School sportSport

Larries neem deel aan netbaldag

Tien van Laerskool Tzaneen se netbalspanne het 25 Maart deelgeneem aan LS Phalaborwa se netbaldag.

Die weer was heerlik en die meisies het hul harte uitgespeel. Die tellings was soos volg:

Die 0/9 B meisies wen 5-0 teen LS Pietersburg Noord en verloor teen LS Phalaborwa 0-4.

Die 0/9 A span wen LS Pietersburg Suid en verloor 2-6 teen LS Phalaborwa.

Die 0/10 A span verloor teen LS Pietersburg Noord 2-3 asook teen LS Phalaborwa 1-5.

Die 0/10 B span wen teen Drakensig 2-0 asook teen LS Pietersburg Suid 4-0.

Die 0/11 A span speel gelyk 4-4 teen LS Pietersburg Suid, wen LS Phalaborwa 4-3 en wen LS Steelpoort 8-5.

Die 0/11 B span verloor teen LS Pietersburg Noord 1-10 en wen teen LS Phalaborwa 8-0.

Die 0/12 A span wen teen LS Pietersburg Noord 6-5 en verloor teen LS Phalaborwa 5-8.

Die 0/12 B span wen teen LS Pietersburg Suid 4-1 en ook teen LS Phalaborwa 8-2.

Die 0/13 A meisies wen LS Pietersburg Noord 11-10, wen teen LS Phalaborwa 9-5 asook LS Pietersburg Suid 11-9.

Die 0/13 B span speel gelyk teen LS Pietersburg Suid 8-8 en verloor teen LS Phalaborwa 2-7.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button